skip to content

Slideshow Image Loading - 13959783701.pngSlideshow Image Loading - 12532964391.png
  • Gebruik van leuenverklikker vir bedryfsredes

    Verskeie uiteenlopende en weersprekende uitsprake is tot dusver gemaak deur kommissarisse van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) sowel as deur regters van die arbeidshof oor die toelaatbaarheid van poligraafgetuienis. In sommige gevalle is poligraafgetuienis nie toegelaat nie en in ander gevalle wel. By verskeie geleenthede is poligraafgetuienis aanvaar as aanvullende getuienis. P.A.K. Le Roux het onder die titel Operational requirements and polygraph tests: two new decisions in ...

  • UV Studente aangekla vir pogting tot moord

    21 Februarie 2014 Twee studente van die Universiteit van die Vrystaat het Donderdag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag dat hulle ʼn medestudent aangerand het. Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, sê die saak is tot 9 April uitgestel en die verdagtes is op waarskuwing vrygelaat. Hy sê Cobus Muller en Charl Blom het glo Maandagaand by die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-kampus vir Muzi Gwebu met ...

  • Gaan Oscar se verhoor uitgesaai word?

    Deur Phillip Bruwer op 19 Februarie 2014 Uitspraak is Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof voorbehou in mediahuise se aansoek om toestemming te bekom om Oscar Pistorius se moordverhoor regstreeks uit te saai. Die aansoek is deur eNCA gebring en MultiChoice en Eyewitness News sluit daarby aan. Die mediahuise wil ook die verrigtinge regstreeks op klankbane uitsaai en foto’s neem tydens die verhoor. Regterpresident Dunstan Mlambo het gesê hy sal volgende ...

  • Inligting op Oscar se iPhone‘nié kruks van saak’

    Maandag 10 Februarie 2014 - Jeanne-Marié Versluis PRETORIA. – As die polisie die gekodeerde data op Oscar Pistorius se Apple iPhone ontleed kan kry om dit te gebruik in sy verhoor wat binnekort begin, sou dit ’n “bonus” wees. Dié inligting is egter nie die “kruks” van die saak teen Pistorius nie en die polisie is reeds gereed om met die verhoor te begin. Só het ’n ingeligte met kennis ...

  • Moordenaar losgelaat

    Die polisie in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek nadat ʼn man wat van moord en roof beskuldig word op gratis borgtog vrygelaat is. Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê Sanele Godfrey Sambo (22), ook bekend as “Spykos”, is Vrydag in die Kabokweni-landdroshof op gratis borgtog vrygelaat. Sambo staan tereg op twee aanklagte van moord, een van sakeroof en twee aanklagte vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ...

  • Bruidegom skuldig aan brandstigting

    Maandag 12 Augustus 2013 Jean Greyling (28) is vandag in die Bloemfontein-streekhof deur streeklanddros R. Matthews skuldig aan brandstigting bevind. Greyling het erken hy het die konferensiesentrum van die Emoya-landgoed by Bloemfontein aan die brand gesteek. Hy en sy vrou, die 25-jarige Lianné Meyer-Bekker (nou Greyling), se bruilof sou op 27 Julie op Emoya plaasgevind het, maar is gekanselleer omdat hulle na bewering nie die deposito betaal het nie. Luidens ...

  • Jean Greyling beken skuld op Emoya brand

    8 Augustus 2013 - Die bruidegom van die omstrede troue wat op 27 Julie op die Emoya-landgoed sou plaasvind, het gister skuld op brandstigting beken. Jean Greyling (28) het gister voor landdros Riana Botha ’n bekentenis afgelê waarin hy erken hy het die saal op Emoya aan die brand gesteek. Greyling en Lianné Bekker (nou Greyling) se bruilof sou in die saal gehou word, maar moes ter elfder ure verskuif ...

  • Moordverdagtes op eetstaking

    Augustus 6, 2013 Twee moordverdagtes, Johan Prinsloo en Mark Trollip, het tronkowerhede amptelik in kennis gestel van hul voorneme om van Maandag af op te hou eet. Die twee is van ander verhoorafwagtende gevangenes in die Grootvlei-tronk buite Bloemfontein geskei, omdat hulle tans amptelik op ‘n eetstaking is. Woordvoerder vir die Vrystaatse departement van korrektiewe dienste, Puleng Mokhoane, het gesê hulle word in afsondering aangehou sodat hulle gemonitor kan word. ...

  • Swendelaar opgespoor deur BFN speurder

    ‘n Privaat Speurder van Strongroom Security Consultants in Bloemfontein, Kobus Venter, het aan www.speurder.co.za berig dat sy maatskappy suksesvol was om ‘n berugte swendelaar namens een van hulle kliente op te spoor. Nadat Strongroom se klient onsuksevol was om deur sy prokureur en opsporingsagente die swendelaar in die hande te kry het hy kontak gemaak met Strongroom Security Consultants. Die swendelaar is binne 4 weke opgespoor en die ...

  • UJ-ontvoerder gevang

    Augustus 5, 2013 ‘n Man is in Ennerdale suid van Johannesburg in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ‘n student aan die Universiteit van Johannesburg (UJ), het die polisie Vrydag gesê. Die 18-jarige swart verdagte was na bewering in besit van die ontvoerde student se gesteelde motor, aldus konstabel Elizabeth Mnguni. Die 23-jarige wit UJ-student is Donderdagoggend omstreeks 09:00 deur ‘n gewapende man ontvoer terwyl sy besig was ...

  • Jong BFN se sakevrou in hof

    Die jong sakevrou van Bloemfontein wat onder meer motorfietse en luukse-motors vir mense ingevoer het, staan tereg op 25 aanklagte van bedrog waarby meer as R5,2 miljoen betrokke is. Die 25-jarige Lianné Meyer-Bekker (nou Greyling), wat gister in die streekhof in die stad verskyn het, was ook onlangs in die nuus oor haar omstrede troue. Streeklanddros Dawn Soomaroo het haar verhoor tot 28 Oktober uitgestel sodat die staat afskrifte van ...

  • Kapers gooi ma en kleuter uit kar

    Augustus 1, 2013 ‘n 31-Jarige wit vrou is Vrydagoggend deur drie kapers by n huis in Brakpan-Noord ingewag, waar sy elke oggend n persoon wat saam met haar ry, oplaai Die vrou het versoek dat haar naam nie gepubliseer moet word nie. Volgens haar man ry sy elke oggend min of meer dieselfde tyd vanaf hul huis in Brakpan-sentraal na Malanstraat, waar sy die ander persoon oplaai. “Ek glo die ...